Die ideale vakansiebestemming
Geleë in die hartjie van die Tuinroete, Herlia Selfsorg Akkommodasie, bied jou koste-effektiewe, gerieflike selfsorg akkommodasie in Sedgefield, wat reg deur die jaar beskikbaar is.
'n Moderne oopplan leefarea met kombuis, 2 slaapkamers met ingeboude kaste en 'n vol badkamer, sal 4 persone gerieflik akkommodeer. Die akkommodasie is basies, maar volledig toegerus (tensy anders vermeld) met 'n tweeplaatstoof met oond, yskas, mikrogolfoond, en klein toebehore. Kookgerei, eet- en breekware word voorsien. Die kombuis- en eetarea stel gaste in staat om hulself te bedien. Die leefarea loop uit op die tuin met basiese braaigeriewe.






Neem Kennis
- Die akkommodaise word slegs op 'n selfsorg basis voorsien.
- Linne en badhanddoeke word voorsien. Bring gerus eie swemhanddoeke saam, want dit word NIE voorsien nie.
- Die eenheid kan 4 persone gerieflik akkommodeer.
- Addisionele persone word beperk en addisionele fooie sal gehef word (Besonderhede by navraag).
- Kinders van alle ouderdomme is welkom.
- Die eenheid word een maal per week gediens en wanneer gaste vertrek.
- Daar is 'n TV, DVD-speler, en DSTV dekodeerder(Select 2).
- Daar is geen landlyntelefoon beskikbaar nie.
- Selfoonopvangs in baie goed.
- Rook is verbode in die eenheid.
- Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.